Intelligensie is al op verskeie maniere omskryf, insluitend 'n persoon se kapasiteit vir logika, abstrakte denke, begrip, selfbewussyn, kommunikasie, die vermoë om te leer, emosionele kennis, geheue, beplanning, kreatiwiteit en probleemoplossing. Dit word ook meer algemeen beskryf as die vermoë om inligting in te neem en dit as kennis te stoor wat vir aanpasbare gedrag binne 'n omgewing aangewend kan word.
Intelligensie word die breedvoerigste in mense bestudeer, maar is ook al by niemenslike diere en plante waargeneem. Kunsmatige intelligensie is intelligensie in masjiene. Dit word algemeen deur middel van programsagteware in rekenaarstelsels geïmplementeer.
Binne die sielkunde bestaan daar verskeie benaderings tot menslike intelligensie. Die psigometriese benadering is seker die bekendste, en is ook die mees nagevorsde en by verre die mees gebruikte benadering in praktiese opsette.[1]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)